Friday 18 November 2011




TROOS


Vreugde en blydskap sal julle verkry;  kommer en gesug vlug weg.  Ek is dit wat julle troos.
Jes.  51:11-12 OV


Daar is net een plek waar ek weer rus en vertroosting sal vind as my hart in skerwe om my lê.  Net een plek waar al my kommer en gesug sal verdwyn en ek weer vreugde en blydskap sal verkry.  Dit is die plek diep in my wese waar my Heer self woon. Daar sal ek Hom vind, en Hy sal my toevou in Sy liefde, en rus bring vir my moeë siel.

Stadig maar seker sal Sy helende salf my wonde heel en my liggaam vul met nuwe krag en geesdrif.

Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee,” hoor Ek Hom sê, en uit my hart uit roep ek Hom aan – “Ek kom Heer – gee my die rus wat net U kan gee.  Hier is my stukkende hart Heer, heel dit met die balsem van U liefde.  Hier is al my kommer en my sorge, maak my las lig Heer in die krag van U liefde en lig.  Dankie Vader, ek weet U het my gehoor – dankie vir U vrede wat nou so saggies my hart en gemoed binnevloei.”


Gebed:  Dankie Heer, my siel sing weer!


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: