Saturday 5 November 2011



NUWE DEURE


Die oue is verby, die nuwe het gekom.  – 2 Kor. 5:17


Nuwe deure gaan oop in my lewe.  “Dankie Vader!”  Vandag is ‘n nuwe dag.  Die deur na gister is reeds gesluit, en die deur na môre is nog nie oop nie. Vandag is die dag wat die Here gemaak het, tot oorlopens toe gevul met seëninge.

Nuwe deure gaan oop in my gemoed.  Ek sluit die deur na herinneringe aan dit wat seergemaak het, of verlore geleenthede.  Die deur tot nuwe inspirasie staan oop, en dit lok my uit tot ‘n nuwe begin en nuwe vreugdes.

Nuwe deure gaan oop in my hart.  Met entoesiasme reageer ek op die mense in my lewe.  Ek voel nie meer alleen of afgesonder nie, want die liefde in my hart open die deur tot nuwe vriendskappe en geleenthede om te deel.

Nuwe deure gaan oop in my sake en belange.  Ek sien die lewe as ‘n avontuur, gevul met interessante aktiwiteite en uitdagende geleenthede.  Entoesiasties en vol verwagting gaan ek die lewe tegemoet!


Gebed:  Dankie Heer, vir die nuwe deure wat voor my oopgaan.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: