Thursday 10 November 2011




KIND VAN GOD


Hierdie Gees getuig saam met ons Gees dat ons kinders van God is.  En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. – Rom. 8: 16,17


Geen gebeure van die verlede het vandag enige krag meer oor my nie. Geen mens se afkeuring het enige krag om my seer te maak nie. Ek is die kind van God wat Hy wil hê, wat Hy nodig het en wat altyd omvou word deur Sy liefdevolle sorg.  God het my lief, God keur my goed.

As kind van God is ek ek ‘n erfgenaam van al die rykdomme van Sy koninkryk.  Ek is my erfenis waardig.

Ek durf om te glo dat ek ‘n kind van God is.  Ek durf om te voel en op te tree soos die kind van God wat ek is.  Ek gaan elke dag tegemoet vry van enige geloof in die beperkinge van die verlede, vry van geloof in negatiewe invloede van watter soort ookal.

Ek leef my geestelike gawe van liefde, lewe, wysheid, blydskap en vrede ten volle uit.  Ek sien alles in my lewe in ‘n nuwe lig. Ek bewandel die weë van gesondheid, geluk en voorspoed, want ek weet met sekerheid dat ek ‘n kind van God is.


Gebed:  Ek is ‘n kind van God.


~ Uit Daelikse Woord ~





No comments: