Tuesday 1 November 2011



LIEFDE


Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
- 1 Kor. 13:4-7 OV


Watter soort gedagtes koester ek as ek dit oorweeg om meer harmonie in my lewe in te bring?  Het ek al ooit in moedeloosheid uitgeroep, “Ag, as ek hom maar net kon verander!” of, “As sy maar net na my raad wil luister!”

Maar as ek met volle aandag na hierdie versugtinge van my kyk, sien ek dat dit alles te doen het met hoe ek die ander persoon kan verander, in plaas daarvan om te wonder wat  ék  kan doen.  As ek myself die middelpunt maak waarom my hoop en verlange na meer harmonie tussen my en andere draai, begin wondere in my en om my gebeur – vrede vul my hart en geduld my gemoed.  Die tye wat ek nou met hulle deel, word aangenaam en opbouend van aard, omdat  ék  vriendelik is en wys dat ek omgee.

As ek uit die hemelse liefde in my hart begin gee dit wat ek het en kan gee, soos gelei en gerig deur Hom wat in my woon, maak harmonie en vrede hul tuiste in my hart en in my samesyn met andere. Ek leef Gods liefde uit, en nooi andere om my voorbeeld te volg.

Gebed: Geduldig en vriendelik, skep ek liefde om my.


~ Uit Daelikse Woord ~





No comments: