Wednesday 25 April 2012





BESKERMD


Want U, Here, is my toevlug.  Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.  Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;  want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.  Ps. 91:9-11  (OV)


Ek weet U is met my Heer, waar ek ookal mag woon of werk of ry – U is altyd daar.  Nooit kan ek wees waar U nie is nie, en geen onheil sal my tref nie.

Soms is ek geneig om bekommerd te raak – soms voel ek onveilig, maar dan dink ek net aan U, en omdat U so na aan my is – net een gedagte, een gebed ver – kom daar rus in my gemoed.  ‘n Diep hemelse rus wat vrede bring, en waar vrede heers, verdwyn alle stres en kommer, en liefde neem weer oor.  Positief en goedgesind benader ek my naaste, en geen onheil kan my tref nie.

Dankie, Heer, vir die voorreg om U te ken soos ons U ken, want hoe anders sal ons staande kon bly in hierdie gevaarlike wêreld waarin ons vandag leef -  hoe sou ons nog die skone en die mooie kon geniet?  Maar nou weet ons – U is nog in bevel, en alles is wel.  Dankie dat ons so saam kan bid, Heer.  Dankie vir U engele altyd daar vir ons, en vir ons geliefdes.


Gebed:  Die Allerhoogste is my beskutting.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: