Monday 9 April 2012





NUWE BEGIN


Kyk, Ek maak alles nuut – Open. 21:5


En nou, die Maandag na die kruisiging Vrydag toe die dissipels se voete heeltemal onder hulle uitgeruk is, en daarna die opstanding en die gepaardgaande hemelse vreugde en gejubel, wat het die dissipels daardie Maandag gedoen?  Wat anders kon hulle doen as om bymekaar te kom en ‘n nuwe begin te maak.  ‘n Nuwe begin – nie net vir die dissipels nie, maar vandag ook vir jou en vir my.

En dit is ook nie so moeilik nie.  Met ‘n rein hart maak ek die begin.  Met die vryheid wat vergifnis bring, maak ek hierdie begin.  In die Lig, Liefde en Krag van God, met die klip wat weggerol het van alles wat my aan bande gelê het, maak ek vandag hierdie nuwe begin!

Vandag is ‘n splinternuwe dag – ‘n dag wat nog nooit voorheen geleef is nie.  Dit is ‘n dag propvol nuwe geleenthede wat ek onmiddelik raaksien en toepas in my lewe.  Dit is ‘n dag waarin ek sielsaadjies van liefde saai in almal met wie ek in aanraking kom of aan wie ek kan dink se lewens om so Jesus se Woord verder en verder uit te dra en te laat kring en siele te red hier op aarde.  En my hart juig en loop oor van vreugde oor die vredeblommetjies wat oraloor gaan opkom, vir my, vir jou en ons wêreld tot seën. Laat ons daaroor juig en bly wees!


Gebed:  Vandag begin ek opnuut vir Jesus!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: