Monday 15 February 2016

Liefde








LIEFDE


Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en ... jou naaste liefhê soos jouself.  -  Mark. 12:31


My siel sing in my, my gees voel vry en ongebonde!  So voel ek elke dag met al die Lig wat so helder in en deur my skyn.  Maar hiermee saam kom seker die grootste uitdaging ooit vir die mens wat homself as ‘n Christen sien – ‘n mens in wie Christus nou opgestaan het in die ware sin van die woord, want in so ‘n mens is dit nie net die Lig wat sigbaar is nie – ons mag nie die Liefde of die Krag vergeet nie!  Ek sal nie, Heer!


Ek sal opstaan want ek is die Krag wat kan, die Lig wat weet hoe, en die Liefde wat weet waar en wanneer.  Op die regte tyd, onder die regte omstandighede – dis waar en wanneer.  ‘n Liefde wat geen grense ken nie, altyd daar om te seën en by te staan, en tog – getint met die wysheid wat Lig bring, en onderskraag met die moed wat krag bring.


Dankie, dankie, Heer van my hart, vir U liefde wat my in staat stel om liefde te wees teenoor my naaste.  Dankie vir U Krag en Lig wat my omskep in ‘n liefde-mens!


Gebed:  U Heer, maak my ‘n liefde-mens, en ek sê dankie daarvoor dierbaarste Heer!



~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com

No comments: