Tuesday 9 February 2016

Vry








VRY


Julle is vry ... gebruik dit om God te dien.  -  1 Petrus 2:16


As ek kyk na die arend wat skynbaar so sonder enige moeite sweef in die lug, bewonder ek so stilweg die vryheid van voëls.  En tóg – ek kan óók sweef!  Vry en bly in die krag van God, gelei in Sý lig, kan ek op die vleuels van Sy liefde sweef na nuwe hoogtes van begrip en insig.


Dit is ‘n vryheid wat mýne is as kind van God, en ek kan dit gebruik om van énige lastige gewoonte of negatiewe gedagtepatrone ontslae te raak.


Die geheim is die krag van my Hémelse Vader, wat ek kan gebruik om myself te bevry van álles wat my lewe onaangenaam maak.  In die hélder lig van die Vader omskep ek my gedagtes in lig-gedagtes, en is ‘n wenner, want hoe kan énige negatiewe gedagte staande bly voor soveel lig?


In die liefde van die Seun dien ek my medemens met ‘n liefde wat vryelik gee, sonder om enigiets terug te verwag – ‘n ligbring-liefde wat ons álmal vry maak.


In die krag van die Heilige Gees gaan ek vol móéd, vry en bly voort op my pad van lig en sweef soos ‘n arend daarbo in die lug!


Gebed:  In die Lig, Liefde en Krag van God is ek vry!




~ Uit Daelikse Woord ~



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com








No comments: