Thursday 18 February 2016

Jesus sal vir ALTYD vir jou lief wees!








Jesus sal vir  ALTYD  vir jou lief wees!


Hy sal vandag vir jou net so lief wees soos gister. Eergister, verlede week, verlede maand en verlede jaar.
Hy sal vir jou môre, oormôre en volgende, week, maand  en jaar nog net so lief wees.
Hy het jou nie party dae meer of minder lief nie.
Sy liefde vir jou is altyd dieselfde.
Hy het ook nie witbroodjies nie - Hy is vir elkeen van ons présies ewe lief.
Maar wat maak jy as Mamma en Pappa vir jou so baie lief het?
Dan het jy hulle mos terug lief, want dit maak jou hartjie bly dat hulle vir jou so baie liefhet.
Nou as JESUS dan vir *jou* so baie liefhet - dan moet jy seker maak dat jy vir Hom ook baie liefhet.
Maar jy moet nie net daardie liefde wat jy vir Hom het in jou hartjie toegesluit hou nie.
Wanneer jy bid en so met KONING JESUS praat, moet jy baie goed onthou om ook vir Hom te vertel dat jy vir hom baie lief is.
JESUS wil graag uit jou mondjie en hartjie HOOR
dat jy OOK vir Hom lief is.
Het jy al vandag vir JESUS vertel dat jy Hom liefhet?



Jesus se Kindertjies Bediening / Facebook






No comments: