Sunday 7 February 2016

'n Klein seuntjie vra sy moeder waarom sy huil.









'n Klein seuntjie vra sy moeder waarom sy huil.


Hoekom huil Mamma?” vra hy sy ma.
“Omdat ek ‘n mamma is,“ sê sy vir hom.
“Ek verstaan nie,” sê hy.
“Jy sal nooit nie”, antwoord sy terwyl sy hom ‘n drukkie gee.
Later vra die seuntjie sy pa hoekom sy ma so baie huil.
“Alle mamma’s huil maklik sonder rede”, was al wat hy uit sy pa kon kry.
Die seuntjie het groot geword en steeds daaroor gewonder as jong man.


Op ‘n dag besluit hy om vir God te vra hoekom huil ma’s so maklik.
Dis die antwoord wat hy gekry het :


“Toe ek MOEDERS gemaak het, moes ek hulle ekstra spesiaal maak.
Hulle moes innerlike sterkte hê om geboorte te kon gee aan hul kinders en om dag en nag daar te wees vir haar gesin.
Hulle moes sterk skouers hê om die wêreld se laste te dra, maar dit moes steeds vroulik en sag genoeg wees om drukkies te kon uitdeel. 
Hulle moes sagte hande hê om ‘n sagte baba-lyfie te kon hanteer.
Ek moes hulle deursettingsvermoë gee wat hulle in staat stel om aan te gaan wanneer almal om hulle nie meer kan nie, sodat hulle kan omsien na hul gesinne met siekte, hartseer en seer, sonder om moed op te gee.
Hulle moes sagte lippe hê om ‘n seer plekkie beter te kon soen.
Hulle moes goeie oë hê om alles te sien wat hul kinders aanvang.
Hulle moes slim wees om antwoorde te hê op alles wat hul kinders wou weet. 
Ek moes hul ‘n sensitiwiteit gee om hul gesin onvoorwaardelik lief te hê ongeag wat gebeur. Hulle is baie emosioneel en kry so gou seer as ander hul soms afbreek en hul harte breek gedurig in klein flenterstukkies. Hierdie selfde sensitiwiteit maak dat hulle weet hoe om moeilike kinders te hanteer en om rebelse tieners se gedrag te verstaan en daar te wees deur dit alles.
Ek moes hul harte gee wat oorloop van liefde vir almal, insluitend diere, wat seer het, hartseer is, eensaam is, pyn het, mishandel word, sukkel en swaarkry.
Ek het hulle ook trane gegee om net te gebruik wanneer nodig en dit is hul enigste swakheid – hulle huil gedurig vir al die seer in die wêreld!!!!! 



*** Wewenaars Weduwees Kinders & Dierbares Wat Treur Herinneringsmuur / Facebook ***

No comments: