Sunday 28 February 2016

!!! KOM ONS PLAAS WEER SUID AFRIKA IN VADER GOD SE HANDE !!!









!!! KOM  ONS  PLAAS  WEER SUID AFRIKA  IN VADER GOD  SE  HANDE !!!


Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie – van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie;  maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof.  -  Jes. 60:18


Ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê:  “Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees;  en God self sal by hulle wees as hulle God.  -  Openb. 21:3


Géén dors of honger sal ons kwel nie, géén son se hitte ons laat smag, en géén gevaar sal ons ontstel nie:  Die Lam hou *sélf* oor ons die wag.  Ja, in ons midde is *Sý* wóning, en wie getrou was vind belóning, en wie volhard het, éér en prýs.  En wie gekwyn en swaar gekry het hier op aarde, sal éwig bloei in heerlikheid daar in die hémelparadýs.


Here, skenk aan my en *álmal* met wie ek vandag in aanraking kom *Ú* vrede.  Vader ek bid vandag in die besonder vir kálmte en vréde oor ons land Suid-Afrika en oor die héle wêreld. Waar daar vure van haat hoog brand, blus *Ú* dit sélf, Here. Hou ons land se gebede léwendig en laat ons nie om die eerste draai van teleurstelling moed verloor  en ons gebede verwaarloos nie, want gebed  is ons gesprek met Ú, en waar U luister na ons versugtinge.  Verstérk ons geloof en ons getróúheid aan U Hemelse Heer.  In Jésus kosbare Naam.  Amen


(Lees  Jos 24:1-2, 13-18, 25-26 en Joh 1:19-28)



(Geneem uit Teksboek van die Morawiese Kerk in SA en aangepas)




Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook


No comments: