Friday 26 February 2016

Hoe kom ek oor die weg met mense?








HOE  KOM  EK  OOR  DIE  WEG  MET  MENSE?


Leef in vrede met mekaar.  Beywer julle liewer altyd vir die belange van julle medegelowiges en van alle mense.  -  1 Thes. 5:13, 15


Hoe kom ek oor die weg met mense?  Hoe kom ek oor die weg met die mense wat die naaste aan my is, die mense wat ek vir die heel eerste keer ontmoet, die mense saam met wie ek werk, en met hulle wat dieselfde belangstellings as ek het?


Ons is dikwels bekommerd oor die toestand waarin ons land of die wêreld verkeer, ons is erg besorgd oor die optrede van groepe mense of van nasies en ons verlang na vrede in die wêreld, maar ons vind dit moeilik om oor die weg te kom met ons familie, met ons bure of met die man by die lessenaar langs ons.


Vrede begin in onsself.  Ons gebed vir wêreldvrede moet begin met ‘n gebed vir harmonie in ons eie gemoed en hart en lewe.  “Laat daar vrede op aarde wees en laat dit by my begin.”


As ons wat wandel in die lig – daar is miljoene van ons – sal toelaat dat vrede by ons begin, kan dit nie anders as om ‘n goeie uitwerking op die wêreld te hê nie.


Gebed:  Ek leef in vrede met die mense om my en doen my deel om vrede te bring in my land en ons wêreld.



~ Uit Daelikse Woord ~


  Vergifnis is ‘n Keuse / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



No comments: