Thursday 18 February 2016

Gesondheid









GESONDHEID


Ek sal jou gesond maak.  -  Jeremia 30:17


Gods helende krag en liefde pols steeds in en deur my, en dit bring heling mee na siel en liggaam.  Elke sel en orgaan reageer op hierdie stralende lewenskrag, en gevul met nuwe energie doen ek dit wat ek moet doen tot eer en verheerliking van Sy Naam.


Ek gaan my diepste heiligdom van krag binne en ontspan by Sy voete in die lig, die liefde en krag wat ek daar van hom ontvang.


Ek sien hoe die lig van die Vader my hele wese deurstraal.  Elke sel word helder verlig, elke orgaan word ‘n lig-orgaan, en, gesuiwer in die helder lig, doen my liggaamsdele hul werk op ‘n intelligente manier.


Die liefde van Christus sien ek as ‘n helder suiwer stroom wat my hele wese deurspoel, en daar heers vrede in my gemoed en in my liggaam.


Die krag van die Heilige Gees gee nuwe krag aan heel my wese, en onder die alwetende leiding van my Vader, in die liefde van die Seun en die krag van die Heilige Gees word hierdie liggaamstempel van God ‘n gesonde, stralende tempel in Sy diens.


Gebed:  Ek is gesond, dankie dierbare Vader!




~ Uit Daelikse Woord ~

  Kanker Kringetjie / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com


No comments: