Saturday 6 February 2016

Dankie Vader








DANKIE  VADER


Mag my oordenking Hom welgevallig wees:  ék sal bly wees in die Here.  -  Ps. 104:34 (OV)


DANKIE,  VADER,


Ek is miskien nie daartoe in staat om my gedagtes en gevoelens in hoë digterlike woorde van lof en dank uit te druk nie, maar my hart is tot oorlopens toe gevul met lof en waardering vir  Ú.  Ek weet dat my eenvóúdige “Dankie, Vader”,  U bereik, en dat U sal verstáán dat dit gevul is met my waardering vir die skoonheid van hierdie dag, en die mense wat my dag vul.  My “Dankie, Vader” vertel ook vir U van die waardering wat ek het vir die liggaam waarin ek lewe, vir al die wonderlike dinge wat dit vir my doen en my toelaat om te doen.


Terwyl ek “Dankie, Vader” vir  U sê,  kom daar ‘n gevoel in my hart wat onmoonlik is om te beskryf.  Ek onthou ou klein dingetjies waarvoor ek dankbaar is.  Ek onthou die viooltjies van verlede lente, ‘n met-liefde-tuisgemaakte kersfeeskaartjie van ‘n vriendin wat ek gedink het my al vergeet het, ‘n kind wat my sy vriendskap aangebied het.  Dis maar ‘n paar druppeltjies in die liefdes-emmertjie van my oorvol hart, terwyl ek my na Ú, My liefdevolle Hemelvader wend in *lóf*, *wáárdering* en *áánbidding*.   Dánkie, Vader!


Gebed:  Dánkie, Dánkie Vader!



~ Uit Daelikse Woord ~


  Jesus se Seunskind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com











No comments: