Monday 1 February 2016

Leiding










Leiding


Vir my help God altyd, die Here hou my lewe in stand.  -  Ps. 54:6


Heer van my hart, ek weet, géén weg is beter as *Ú* weg nie, daarom bid ek nou dat ek bewus mag wees van U leiding, al is dit hóé onopsigtelik.  Soms is dit net ‘n gevoel waarvan ek bewus word, en skielik verstaan ek en weet ek wat *Ú* wil hê ek moet doen óf *níé* moet doen nie om in harmonie met U plan vir my te bly.


Dánkie Heer, dat  U só *bý* my is wanneer ek ‘n krisis deurmaak.  *Níks* kan my breek nie, want *Ú* wysheid en krag is my stók en my stáf, en *níks* sal my ontbreek nie.  Ú liefde en sorg gee my die moed en durf om vas te staan, wát ookal die omstandighede mag wees.


Diep in my hart wonder ek tóg wat vandag alles op my wag, want ek is maar nét ‘n nietige mens, máár ek bekommer my nie oor wat “dalk mag” gebeur nie:  wánt *Ú* is die Koning van die Heelal in al u glorie, en sal élke oomblik bý my wees.  Sáám sal ons wenners wees, en met lóf slaag aan die eise  wat die dag aan ons mag stel.


Hóé wonderlik om met ‘n geliefde Vriend en Vader soos *Ú*, elke dag, énigiets aan te durf!


*Ú* lei Heer, en ék volg.  Wat ‘n ongelóóflike voorreg!




~ Uit Daelikse Woord aangepas ~



  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




No comments: