Thursday 11 February 2016

Wondere








WONDERE


U woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart.  -  Jer. 15:16 (OV)


Het jy al kinders dopgehou terwyl hulle besig is om geskenke oop te maak?  Die wonder van wat in daardie pakkie is terwyl hulle dit oopmaak, skyn soos ‘n helder lig in hul oë.


Elke oomblik van ons lewe is ook ‘n geskenk – ‘n geskenk van God met ongekende moontlikhede daarin toegedraai.  Elke ervaring wat ons deurmaak, elke gebeurtenis, of ons dit nou as goed of sleg beskou, is ‘n geskenk van God met wondere van ons verdere geestelike groei, die wonder van Gods liefde en lig , vryelik tot ons beskikking.


Staan jy miskien nou voor ‘n uitdaging waarvoor jy geen oplossing kan sien nie?  Fokus dan net op God alleen, in plaas van op die uitdaging, en laat Hom toe om aan jou die verborge skat wat binne-in die uitdaging versteek is, te openbaar.  Jy kan seker daarvan wees dat dit daar is – dat dit op jou wag sodat jy met nuwe oë daarna kan kyk.


As jy met nuwe oë begin kyk na die dinge wat gebeur in jou lewe, sal jou hele lewe begin verander, want jy sal die wonder van alles wat mét jou en óm jou gebeur begin raaksien en waardeer – ómdat dit van God af kom.


Gebed:  Ek kyk met nuwe oë na alles om my.



~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



No comments: