Friday 19 February 2016

Leun op My








LEUN  OP  MY 


Kom na My toe ... Ek sal julle rus gee.  -  Matt. 11:28


Die boodskap wat Ek vandag vir julle wil gee – wat julle in julle hart moet inbrand en as stok en staf moet gebruik, is, ‘Leun op My’, want as julle *dít* doen, sal Mý krag julle dra, My liéfde julle vertroos en My líg julle lei, élke oomblik van élke dag.


En as julle op Mý leun, as julle My liefde óók die liefde in júlle hart maak, is Ek in staat om ánder *déúr* julle seën?  Kyk óm julle, en seën jul medemens met *krág* wanneer hulle gebroke langs die pad sit;  met *líéfde* indien hulle éénsaam en van God en mens verlate voel, en met *líg* indien hulle die pad byster geraak het, tótaal verlore in die rigtinglose paaie van ‘n lewe sonder lig.  *Lig, liefde en krag*, die drie diamante wat Ek julle gegee het – *gebrúík* dit.  Wees ‘n *seën* in vandag se liefdelose lewe, en júlle sal geseënd wees!


Geliefde, *onthóú*, dis Ék en jý – dis die vréémdeling langs die pad, dis die sóékende siel.  Dis die verwárde mens.  Dis die getéísterde land en deurmekáár wêreld wat *jóú* gebede en hulp *só* bitter nodig het.  Jý kan!  Leun net op Mý.  My *líéfde* is genoeg vir jóú en álmal om jou!


Gebed:  Ek wil, Heer!  Ek leun nou op U!





~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




No comments: