Monday 29 February 2016

Jesus die grootste optimis






JESUS  DIE  GROOTSTE  OPTIMIS


Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.  -  Kol. 1:27


JESUS was seker die grootste optimis wat die wêreld óóit geken het.  Wat was die grond van hierdie onblúsbare optimisme?  Die wêreld van Sy tyd was tog net so troebel soos die wêreld van vandag, en tóg het sy stralende Gees alle twyfel, alle lyding en alle gebrek oorkom.  Sy gehéím?  Hy het gewéét die koninkryk van God is *bínne-in* Hom, en as Christus het Hy geseëvier oor alles wat nié van hierdie koninkryk is nie.  En, wat méér is, Hy het gesê die koninkryk van God is ook binne-in óns, en alles wat Hý doen, kan óns óók doen!


Hy daag ons elke dag uit om híérdie waarheid ons éíe te maak, en soos Hý óórwinnend te leef, soos Hý pósitief te bly.  Om positief te hóóp op die heerlikheid, is om met ons gééstesoë te kyk, want *dán* sal ons sien dat daar deur *álles* wat gebeur ‘n grootse plan besig is om te ontvou – Góds plan om sy koninkryk ‘n wérklikheid te maak op híérdie aarde.


Pósitief soos Jésus bid ons, gló ons, en blý ons optimisties!


Gebed:  Laat daar Lig wees, Heer, laat *Ú* wil geskied ...




~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~




  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




No comments: