Monday 1 February 2016

Hoe lyk 'n Suid-Afrikaanse Christen?








Hoe lyk ‘n Suid-Afrikaanse Christen?


Ek wonder of ons in die oë van die Here kwalifiseer vir die eretitel “Christen”? Ons wat so maklik met mekaar praat asof ons vyande is en tog lees ons dieselfde Bybel, gaan Sondae kerk toe, en praat graag van ons as ‘n Christelike volk. Ja, solank die Here net nie van ons verwag om soos Christene te lyk wanneer ons polities van mekaar verskil nie.


Mag God ons genadig wees. Want soos ons nóú aangaan, mag ons eendag van die Here hoor: “Ek ken julle nie, ondanks al julle vroom praatjies en kerkbesoek het julle Mý nooit aanbid nie.”


Ek lees in Handelinge 2:44-47: “Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel ... Die hele volk was hulle goedgesind ...


Waarom? Omdat hulle Christene was en soos Christene gelyk het.



Henno Cronjé : Genadestories wat bemoedig






No comments: