Wednesday 24 February 2016

Ek sing!








EK  SING!


Loof die Here, o my siel!  -  Ps. 103:1  (OV)


VÁNDAG  is ek ‘n *wénner*, want niks wat nie van JÉSUS se Lig is kan staande bly voor die Alles-deurdringende Lig, Alles-omvouende Liefde, en Alles-oorkomende Krag van ons Alom-teenwoordige God en Vader van almal nie!


Jesus het gesê, “dis die Vader in My wat die werke doen.”  En – “alles wat Ek doen kan júlle ook doen,” want Hy het geweet die Vader *ín* Hom  is óók ín óns, en in sý Krag, kán ook ons!


Is dit nie genóég om oor te jubel en te juig nie?!  Is dit nie tyd dat ons Sý woorde aanvaar én die wonder daarvan *uitjubel* en sing nie?!  ‘n Lied sal in ons siél ontwaak, wat sal weerklink oor bérge en dále.  Dit sal ‘n lied van *líg* wees – élke noot hélder in die lig, strélend sag in die liefde en dáwerend luid in die krag van Vader God wat in ons hart woon!


En almal sal stil staan en *lúíster*, hul síél sal aangeraak word, die blydskap wat in ménseharte ontwaak, sal deur *níks* en *níémand* ooit weer uitgedoof kan word nie!  Almal sal saamsing tot eer en verheerliking van ‘n Almágtige God en Váder wat die aarde met sy éwige arms omhels.


Gebed:  Ek sing en die wêreld sing saam met my!




~ Daelikse Woord aangepas ~


  JESUS soetste soetste NAAM / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




No comments: