Thursday 10 September 2015

Genade





GENADE


Deur die genade van God is ek wat ek is.  Sy genade aan my was nie tevergeefs nie.  -  1 Kor. 15:10


Jy is my geliefde kind.  My liefde vir jou is vir éwig, en My genade is élke oomblik van élke dag daar vir jou.

Jy is my gelíéfde kind, en onthou dat jy áltyd, onder álle omstandighede baie belangrik is vir My.  Daar is níémand soos jý nie – níémand wat kan gee dít wat nét jy kan gee nie.

Wannéér jy My óókal mag nodig kry, Ek is net híér bý jou, gereed om jou by te staan en te versterk.  Géé uitdaging sal vir jou té groot wees as jy dit sáám met Mý tegemoet gaan nie.

Níks wat jy óóít mag doen, sal Mý liefde vir jou laat afneem nie.  En ómdat Ek jou só onvóórwaardelik liefhet, ómdat My genáde vir jou só groot is, wéét Ek jy sal slaag in wát jy ookal mág aandurf – jy sál dit wat Ék vir jou in gedagte het, beréík.

My genáde, My líéfde, My líg en My krág, is jóúne.  En nóú dat jy dit weet – laat dit toe om in jou lewe te werk, en jy sál geluk en vrede vind in álles wat jy doen.


Gebed:  Gods genade is my krag tot oorwinning!



~ Uit Daelikse Woord – aangepas ~





  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!







mamma333  @  gmail.com

No comments: