Wednesday 9 September 2015

Ek doen wat ek kan






EK DOEN WAT EK KAN


Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor.  -  Ps. 91:15


Heer van Liefde,


Ek bring aan u almal wat genesing na liggaam, siel en gees nodig het.  Ek weet dat U lewenskrag altyd daar is om te heel en te genees.

Ek doen wat ek kan, en glo in die wonder van U lewenskrag in hulle.

Heer van Liefde, ek bring aan U almal wat ‘n behoefte daaraan het om andere beter te verstaan.  Ek weet dat U lig wat insig en begrip bring, deur hulle en vir hulle skyn.  Ek weet, as daar iets is wat hulle moet doen of iets wat ‘n ander vir hulle moet doen, U lig dit sal openbaar.

Ek doen wat ek kan, en glo in die wonder van U helder lig in hulle en om hulle.

Heer van Liefde, ek bring aan U die vreemdeling, die een wat ek as “anders” beskou, ook die een wat ek as my vyand beskou.  Ek weet dat U liefde ook daar is vir hulle.  Ek kan op U liefde vertrou om die mooie in hulle na vore te bring – ook in my – en om ons te leer om om vriende te wees.

Ek doen wat ek kan, en glo in die wonder van U liefde in ons.


Gebed:  Heer van Liefde, ek doen wat ek kan.




~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!







poppieoosthuizen  @  gmail.com


No comments: