Sunday 13 September 2015

Luistertyd








Luistertyd



Ek wil luister na wat die Here sê, want sy woord bring vrede vir sy volk, vir dié wat Hom getrou dien.  -  Psalm 85:9


Vader,



Ek kom bely dat ek veels te besig is,

só besig dat ek nie genoeg tyd vir U maak nie.

Help my om af te skaal,

om my dagprogram rondom U te beplan,

in plaas daarvan om my afskeeptydjies

saam met U deur te bring.

Ek besef nou dat die tyd inderdaad min is,

die tyd voordat U kom, maar ook die tyd

tot my beskikking –

help my dat ek die tyd wat ek wel het,

optimaal sal aanwend

-      dat ek meer tyd alleen saam met U sal inruim.

Maak dit vir my moontlik om af te skaal, Here,

help my om rustiger te word

en my tyd te bestee aan dinge met ewigheidswaarde.

Leer my om my dae só te gebruik

dat ek wysheid sal bekom.


Amen




Nina Smit  :  Elke dag ‘n vreugdepad




  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





mamma333  @  gmail.com

No comments: