Friday 18 September 2015

Leiding







LEIDING


Terwille van u Naam sal U my voorgaan en my lei.  -  Ps. 31:4


Daar kom tye in élkeen van ons se lewens wanneer ons ‘n baie gróót behoefte het aan líg en léíding.  Die nag is só donker, die pad só duister.  Maar dis dán wanneer ons stil word voor die Heer van ons hart en ontspan in sy liefde wat áltyd daar is vir ons.  Al is die nag hóé donker, al voel ek hóé eensaam en verlate, Hy sal my véílig lei.  Tree vir tree sal Hy sáám met my stap, en oortuig daarvan dat Hý my voete op sy pad van Lig hou, sê ek uit die díépte van my hart uit dánkie, dánkie, díérbaarste Heer.


Daar is die ou bekende lied wat lui: “Lei vriend’lik Lig ...”  Dit vertel vir ons van ‘n lig ság en téér, ‘n lig gekleur met liefde wat ons léí en ríg op ons lewensweg.  Dit is dus gládnie nodig om die einde van ‘n saak te sien as ons eers op pad is nie.  Ons kan miskien gladnie eens verder as die éérste draai in die pad sien nie, maar ons gló in Gods vriend’lik lig, ons weet ons is op die régte pad, en ons sê dánkie, al sien ons net een tree op ‘n keer.  Élke tree baan die weg vir nóg ‘n tree, en nóg een, totdat ons uitéíndelik veilig ons bestemming bereik.  Dié régte bestemming volgens God se wil!


Gebed:  Lei vriend’lik lig – lei U my élke tree.



~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




mamma333  @  gmail.com




No comments: