Friday 25 September 2015

Hoe lyk jou huis? (4) (Slot vd reeks)








Hemelse Vader,


U weet hoeveel dinge daar is wat
elke dag my aandag eis,
sodat dit soms werklik vir my voel
asof ek nie verder kán nie.
Maak my rustig Here, en help my
om my innerlike wêreld te orden
sodat daar weer vrede en kalmte in my lewe kan kom.
Dankie dat ek ‘n huis mag hê – ‘n huis wat
soms so baie van my tyd in beslag neem
dat ek maar liewer die stof miskyk
en ander dinge gaan doen wat vir my
belangriker as huiswerk is.
Sal U my asseblief help om
die goue middeweg te vind:
dat ek genoeg van my tyd en kragte
aan my huis sal bestee sodat dit
‘n tuiste vir my mense sal wees,
sodat ons huis vir hulle mooi en smaakvol sal wees,
maar dat ek tog nog genoeg tyd sal oorhu
vir dié dinge wat wérklik belangrik is.
Leer my om my tyd reg in te deel, Here,
sodat ek nie deur meer te doen as wat nodig is
myself daarvan sal weerhou om dié dinge te doen
wat U van my verwag nie.  Gee dat ek
altyd eerste op U ingestel sal wees.


Amen


Dit is die einde van die hoofstuk
uit Nina Smit se boek
In God se Omhelsing
Baie dankie dat julle saamgelees het!

Liefde,
Poppie





No comments: