Wednesday 2 September 2015

Geestelike Groei






Geestelike groei
(Jeug Dagstukkie)


Lees:  Hebreërs 5:11-14


Hoewel julle teen hierdie tyd self reeds onderrig behoort te gee, het júlle weer nodig dat iemand julle in die grondwaarhede van die woord van God moet onderrig.  -  Heb. 5:12


Christene moet  geestelik groei en sterker word.  As jy nié in jou geloof groei nie, is dit nodig om weer die grondwaarhede van die Bybel onder oë te neem.  Daar is 6 dinge wat onmísbaar is vir geestelike groei:


Gebed, God se Woord, geloof, getuienis, gehoorsaamheid en gemeenskap met ander Christene.


As jy geestelik wil groei moet jy elke dag met God praat en na Hom luister.   Bestudeer jou Bybel elke dag.  Gebruik ‘n Bybelstudiegids of ‘n Bybelse dagboek om jou te help.  Glo dat God jou liefhet, jou sonde vergewe en elke dag vir jou sorg.  Vertel vir jou vriende wat God vir jou beteken.  Jy hoef nie op hulle af te storm met die Bybel onder jou arm nie.  Plak ‘n Christelike plakker op jou tas of sit traktaatjies in die kleedkamer.  Doen wat die Bybel van jou vra sodat jou vriende aan jóú lewe kan sien dat jy anders is.  Doen Bybelstudie saam met jou Christenvriende, bid saam met hulle en gaan saam JKJA of ACSV toe.


Here, dankie dat ek geestelik kan groei en U elke dag liewer kan kry.  Dankie vir gebed, vir my Bybel, vir geloof, getuienis en Christenvriende.


As ek geestelik wil groei, moet ek bid, my Bybel
lees, getuig, gehoorsaam wees, glo en
Christenvriende hê.



~ Nina Smit ~




  :  Jesus se Dogterkind @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

poppieoosthuizen  @  gmail.com

No comments: