Wednesday 16 September 2015

Laat los laat God







LAAT LOS LAAT GOD


Die Vader wat in My bly Hy doen die werke.  -  Joh. 14:10


Vier eenvoudige woordjies – seker die móéilikste vier woorde om toe te pas in ons lewens – Laat Los Laat God – en tóg so absoluut die moeite werd om na te streef.


Dit vereis onwríkbare geloof.  ‘n Geloof SO groot soos dié van die voëltjie wat sing as die dagbreek nog donker is, omdat ons glo in die werke van God daar waar ons níé kan sien nie, sódat wondere kan geskied daar waar ons wél kan sien.


Dit vereis éíndelose geduld om met ons hart en siel te laat los laat God, séker daarvan dat Hý weet wat is die héél beste vir ons.


Dit vereis krág om vas te staan in die wete dat God wél aan die werk is, krag om ons los te maak van die séér, die teléúrstelling, die bérg waarvoor ons te staan gekom het.  Krag om te vergéwe en vergéét.  En ons kán, want Hý wat in ons woon, is gróter as énige uitdaging waarvoor ons te staan mag kom.  Ons laat los laat God, Hý neem oor, en vrý en blý, begin ons siel wéér sing!


Gebed:  Ek laat los en God neem oor!




~ Uit Daelikse Woord aangepas ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



mamma333  @  gmail.com

No comments: