Friday 25 September 2015

Plek van Stilte







Plek van Stilte


Laat die vrede van God in julle harte heers.  Kol 3:15 (OV)


Diép, diép in my hart is daar ‘n plek van ábsolute stilte, van onéindige kalmte.  Al word my gedagtes hóé onstuimig, hiérdie plek bly stil en rústig.  Dít is die plek binne-in my waar Chrístus woon,  dit is my éie diepste héíligdom van krag, slegs één gebed, één gedagte ver.


Hiér word my gedagtes stil in die lig van Sý liefde – hiér vind ek vrede, krag en heling vir my héle wese.  “Wees stil en weet dat Ék God is,” is die hemelse bevel wat ek gedúrig vanaf hiérdie middelpunt binne-in my ontvang.


Ek gaan dikwels hiérdie wonderlike heiligdom van lig, liefde en krag binne.  Soms wánneer dit stil en rustig is om my, ánder kere weer in die geroesemoes en gejaag van my bésige lewe.    Hy is áltyd daar, áltyd gereed om gedúldig na my te luister, om ‘n tráán af te droog, om my hánd te vat en my te lei op die regte weg vir mý – om my hart met Sy líéfde te vul en rús te bring in my málende gedagtes.


Ís daar nog ‘n geskenk só groot soos híérdie liefde en vrede áltyd daar vir my?  Hóé sê mens dankie voor die wonder van só ‘n gróótse liefde?


Gebed:  Dánkie, dánkie dierbare Hemelvader, vir Ú vrede wat heers in mý hart.




~ Daelikse Woord aangepas ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




poppieoosthuizen  @  gmail.com