Monday 21 September 2015

Lewe in oorvloed








LEWE IN OORVLOED


Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.  -  Joh. 10:10


Die waarde van die stralende  lewe van God ken géén perke nie.  Dit is ‘n konstante stroom van hélende, hernúwende lewe.  Vanuit ‘n fontein díép in ons versteek, vloei dit ín en deur ons héle wese.  Deur ons gebede, ons dankélof aan ons Skepper, word híérdie lewenstroom daagliks versterk.

Ons sê dankie vir híérdie stralende lewe, en ‘n fóntein van vreugde ontspring in ons hart.  Níks is te nietig en te klein om ongesiens by ons verby te gaan en geniet te word nie.  Seëninge van líg en líéfde en krág maak ons lewe vól en móói.

Dánkie dierbare Heer, vir die wonder van Ú lewenskrag.

Ons is één met die stralende lewe van God wat immer ín en déúr ons vloei.  Die lewe wat in sóveel oorvloed aan óns gegee is, is ‘n gawe wat ons ook déél met ons medemens, en opnúút dink ons aan die woorde van die parapleeg:


“Ek het vir álles gevra sodat ek die lewe kan geniet –
die léwe is aan my gegee sodat ek alles kan geniet.”


Gebed:  Dánkie, Heer, vir die gawe van Ú lewe.


~ Uit Daelikse Woord aangepas ~

  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




mamma333  @  gmail.com

No comments: