Sunday 27 September 2015

God se arms onder my








God se arms is onder my!


Daar is niemand soos die God van Israel nie.  Hy ry deur die hemel om jou te help.  Die ewige God is jou skuilplek en onder jou is sy ewige arms.  -  Deuteronomium 33:26-27


Here my God


Daar is niemand soos U nie.
U ry deur die hemel om my te help,
oor die wolke in u majesteit.
U, die ewige God, is mý wegkruipplek,
ek kan te alle tye veilig by U skuil.
U bewaar my van alle gevare
sodat ek nooit vir enigiets hoef bang te wees nie.
U is vir my ‘n skuilplek
en onder my is u ewige arms.
U verdryf my vyande voor my uit;
daarom sal ek in veiligheid woon
en altyd voorspoedig wees.
Ek sal in sekerheid woon in ‘n land van koring en wyn
waar dou van die hemel drup, omdat U vir my sorg.
Ek sal geseënd wees omdat U my gered het.
U is die skild wat my beskerm,
die magtige swaard wat my veilig sal hou.
Daarom sal my vyande laag voor my buig
en ek sal op hulle offerplekke trap.


Amen




Nina Smit : Vreugde in die môre


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



No comments: