Monday 14 September 2015

Innerlike Vrede








INNERLIKE  VREDE


Vrede laat  Ek vir julle na;  My vrede gee Ek vir julle.  -  Joh. 12:27


Dierbare Heer van my hart, tot Ú wend ek my vir vrede in my gemoed.  Ek bring na U toe ál my gejaagde, dwalende gedagtes, en word stil in U líéfdevolle teenwoordigheid.  U vrede wat álle verstand te bowe gaan, vloei my hart binne, en ek kóm tot rus.  Hoe héérlik die vrede wat net Ú kan gee.  Dit vloei in en deur my héle wese, en herinner my opnuut daaraan hóé na aan U ek wérklik is.

Op die vleuels van Ú vrede word ek deur al die aktiwiteite van hierdie dag gedra, en níks kan die rus en vrede wat nét U kan gee, versteur nie.

U hémelse vrede bring harmonie in my liggaam – harmonie wat genésing bring.  Nêrens is daar énige wrywing of disharmonie nie,  en ek is héél, want ek is een met u onéíndige Gees van vrede.

Ek deel hierdie vrede met ál wat leef.  Waar U vréde ookal nodig is, géé ek my seën van vrede, en ek weet U díép, blywende vrede is daar om álles reg te maak en álle disharmonie tot niet te maak.


Gebed:  Dánkie, Vader, vir die vréde wat nét U kan gee.




~ Uit Daelikse Woord aangepas ~





  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!






mamma333  @  gmail.com

No comments: