Tuesday 15 September 2015

Vergewe






VERGEWE



Liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God.  -  1 Joh. 4:7



Hóé vergewe ek iemand wanneer die seer  té diep is – die onreg vir my té groot lyk.  Álleen mag dit vir my feitlik onmoontlik voel, maar met my Héér aan my sy, sál ek die krag en vrede vind wat bo álle omstandighede heen uitstyg!


In gebed word ek één met God, een met Sý liefde, en my héle denkpatroon verander.  Líg-gedagtes, líéfde-gedagtes, begin oorneem, en met grip en líéfde kyk ek weer na die gebeure wat my só seer gemaak het.  Ek besef dat *dít* wat aan my gedoen is nié my goedkeuring wegdra nie, maar dat ómstandighede dit kon veroorsaak het.  Ek vergéwe dus die persoon, ek sien hom of haar vrý en bly voortgaan op my pad van lig.


Vrý omdat géén seer van die verlede my aan bande kan lê nie, blý omdat ek so vry kan wees en vry kan blý, want ek ken God op ál my weë, en ek maak Sý liefde my eie.  ‘n Liefde só groot, ‘n lig só helder, neem die angel uit énige onvriendelike daad, en vergifnis is ónmiddellik en spóntaan!


Gebed:  Ek ken God en ék vergewe!



~ Uit Daelikse Woord aangepas ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



mamma333  @  gmail.com

No comments: