Sunday 20 September 2015

Vriendskap








VRIENDSKAP


Elkeen het sy eie genadegawe van God.  -  1 Kor. 7:7 (OV)


Ons leef in ‘n wonder-wêreld, ‘n wêreld vol mense, plante en diere, en ons is só geneig om dit alles maar as vanselfsprekend te aanvaar.  Saam-saam gebore en getoë in hierdie wêreld.  Maar nou, noudat ons onself Ligmense noem, nou moet ons so ‘n bietjie meer lig en liefde die wêreld binne-bring.  Ons moet soek na dit wat ons in gemeen het met ander, maar ons tog so verskillend maak.  Soos blomme in ‘n blomtuin sien ons die mense in ons lewens.  Die een mag miskien baie teruggetrokke wees, en kom eers tot sy ware self wanneer ons alleen saam is.  Dit laat ons dink aan ‘n viooltjie wat ons nie eers raaksien as dit langs ‘n iris groei nie.


Een van ons ander vriende weer, kan dalk so kleurryk soos ‘n roos wees, maar as ons nader ondersoek instel, kan ons die skerp dorings aan die stam vind.  Wat nou gedoen?  Gaan ek my aandag aan die blom gee, of aan die dorings en wegstap?  Ek sal liefdeshandskoene aantrek, en geen doring sal my steek nie.  Saam sal ons mekaar geniet en waardeer.


Gebed:  Ek is ‘n ware ligmens – ‘n ware vriend.


~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




mamma333  @  gmail.com



No comments: