Wednesday 2 September 2015

Gebed om Skuiling by God te vind






Gebed om skuiling by God te vind


(Aangepas uit ‘n gebed van Sarah Jane Wessels in Die Groot Gebedeboek)



Here,

U Woord sê vir ons dat kwesbares vir U kosbaar is.

Baie dankie dat ek ook nou by U kan pleit

soos die psalmdigter in Psalm 71:9:

“Moet my tog nie verwerp

nou dat ek oud geword het nie,

moet my tog nie alleen laat nou dat

my kragte ingegee het nie.”

My kop rus teen u bors en

ek hoor u hart vir my warm klop.

Ek voel u ewige arms styf om my sluit, en

ek hoor U belowe om my nooit, nooit alleen te los nie.

Gee aan my die verdraagsaamheid om

aan te pas by die lewe van vandag en

om vas te hou aan die waarhede wat nooit verander nie: 

geloof, hoop en liefde

- en bó alles - aan Ú.



Amen



Solly Ozrovech  :  My Vreugde in God



  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





poppieoosthuizen  @  gmail.com

No comments: