Thursday 3 September 2015

TROOS






TROOS


Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos.  -  Jes. 66:13


Die tipe vertroosting waarna ek smag, mag die verligting van fisiese of emosionele pyn wees, óf bemoediging en leiding om een of ander doelwit  wat ek voor oë het, aan te pak.

En nét soos ek my snoesig teen die koue in ‘n warm kombers toewikkel, so wikkel ek my toe in die líéfde van God – liefde wat vertróósting bring vir ‘n diep smart – liefde wat sê:  “Ek verstáán my kind!” en “Jy kán!”  ‘n Liefdevolle Vaderstem wat sê:  “Al kán jy my nié sien nie, is ek net daar digbý jou – jy kan op my stéún want ek sal jou nie vir ‘n óómblik alleen laat nie.”

Híérdie soort liefde, híérdie soort aanmoediging, sal ek áltyd vind as ek my wend tot my dierbare hemelse Vader wat bínne-in my woon.  Hý wat só goed verstaan wat my behoeftes is.  Rústig en stil by my Heer, word ek sággies toegevou in ‘n liefde wat níé met woorde beskryf kan word nie.

‘n Wárm gloed van liefde en vrede vloei vanuit my diepste wese tot by die pieke van my denke, en alle séér, alle twýfel en vrése, word verswelg in hierdie hémelse gloed.  Toegewikkel in Sý grootse liefde, *ís* ek vertroos!


Gebed:  Ú Heer, vertróós en lei my.  Dánkie, dánkie liefste Heer!



~ Uit Daelikse Woord aangepas ~



  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!







poppieoosthuizen  @  gmail.com


No comments: