Thursday 17 September 2015

Maak my Rustig








Here,


U weet hoe haastig
dit met my gaan,
hoe ek elke dag jaag van
een verpligting na die volgende.
U is mos bewus daarvan
dat ek op meer as een terrein my kant
moet bring, dat ek moeg en moedeloos,
oorwerk en oorlaai is.
U ken die spanning wat in my opbou
en U weet ook dat ek vandag
net  nie verder kan nie.


Dankie vir die rus wat U belowe.
Ek aanvaar nou u uitnodiging –
al my onrus en gejaagheid,
al my bekommernisse en
moedeloosheid en spanning,
ook die dinge wat ek nie kan regkry
en klaarkry nie,
kom gee ek vir U.


Ek gaan nie langer probeer om
alles self reg te doen nie.
Gee my asseblief  u oplossings
vir my probleme.
Maak my rustig en kalm.
Gee my u vrede.
Dankie dat die volkome rus
wat  U belowe, nou myne is.


Amen



Nina Smit : Veilig in God se Hand



  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!
  
mamma333  @  gmail.com

No comments: