Saturday 19 September 2015

Die skoonheid van God







Die skoonheid van God


Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe:
hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande,
hou dit in stand.  -  Psalm 90:17



Vader,


Ek eer en aanbid U as die Skepper van alle skoonheid.
Ek weet dat U die liefde vir mooi dinge in my hart geplant het
en dat deur u genade ek tot hierdie skoonheid kan bydra.
Baie dankie vir die skoonheid wat U vir u kinders daarstel
om raak te sien, verwonderd oor te wees en te geniet.
Dankie dat U self skoonheid is en dat ek vandag kon ontdek
dat ek ‘n belangrike manifestasie van u skoonheid is.
U weet hoe min van u skoonheid nog in my lewe te sien is, Here.
Verander my asseblief en help my om van vandag af
nie net die skoonheid in die natuur en
die mense om my raak te sien nie
om dit nie net met my sintuie te omhels nie
maar om dit telkens opnuut te ontdek
om dit in myself te ontwikkel en uit te bou
sodat mense wat na my kyk
nie anders kan as om verwonderd te staan
voor die skoonheid van die Here wat ek aanbid nie.
Gee dat ek U al hoe liewer sal kry
omdat U my met u skoonheid vul.


Amen



Nina Smit : ‘n Vonk van God



  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




mamma333  @  gmail.com


No comments: