Monday 21 September 2015

Vlerke van 'n duif








Vlerke van ‘n duif


Ek het gedink:  ag, as ek maar vlerke soos ‘n duif gehad het, sou ek wegvlieg en ‘n woonplek soek;  ek sou ver wegvlieg en in die woestyn gaan bly;  ek sou haastig probeer wegkom van hierdie onstuimige wind, van hierdie storm af.  -  Ps. 55:7-9



Hemelse Vader,


U wat my so goed ken
weet hoe dikwels ek al na die vlerke van ‘n duif verlang het
sodat ek net kan wegkom van my moeilike omstandighede
-         wat my soveel stres besorg –
en in ‘n plek van rus en vrede kan aankom.
Dankie dat ek U mag soek
in die môre, middag en aand
en mag weet dat U altyd daar is vir my
dat U geduldig na my luister
dat U elke gebed van my verhoor.
Dankie vir die versekering
dat ek nie die vlerke van ‘n duif nodig het nie
maar dat ek onder u vlerke mag kom wegkruip
dat ek op U kan vertrou om vir my te sorg en my te help.
Ek wil nou elkeen van my baie bekommernisse by U kom aflaai
met die wete, Here, dat met U by my
ek selfs te midde van die ergste lewenstorms
u liefde, vrede en kalmte sal kan ervaar.


Amen



Nina Smit  : ‘n Vonk van God




  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




mamma333  @  gmail.com





No comments: