Wednesday 16 September 2015

Vir wakkerlêtye







Vir wakkerlêtye


Ek sal in vrede gaan lê en slaap, want U alleen, o Here, laat my veilig woon.  -  Ps. 4:9


Hemelse Vader,


Sal U my asseblief antwoord
wanneer ek na U roep om hulp?
Staan my tog by in my verknorsing,
hoor my gebed en wees my genadig.
Ek is ontsteld, Here, en sukkel om te slaap
omdat mense my vals beskuldig
en leuens oor my vertel.
Dankie dat U altyd bereid is om na my te luister,
dat U antwoord wanneer ek na U roep.
Maak my asseblief weer rustig digby U,
gee vir my oplossings vir my baie probleme
en help my om vas op U te bly vertrou.
Laat u glimlag weer oor my skyn, Here.
U het vir my meer vreugde laat beleef
as mense wat graan en wyn in oorvloed het.
Ek wil nou in vrede gaan lê
en dadelik aan die slaap raak,
want dit is net U wat vir my rus kan gee
en my veilig kan laat woon.


Amen




Nina Sit  :  Vreugde in die môre



  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



mamma333  @  gmail.com


No comments: