Wednesday 2 September 2015

Ouderdom 1






Ouderdom 1



Wanneer ‘n mens jonk en vol ideale is, is die lewe ‘n avontuur.  Dit voel asof niks jou kan stuit nie en jy tot alles in staat is.  Dit is eers wanneer ‘n ongeluk jou oorval of wanneer jy ouer word dat jy besef hoe broos, swak en verganklik jy is, en hoe nietig jou aardsewoning is.


Die lewe staan nie stil nie en veranderings vereis soms pynlike aanpassings.  Een van die moeilikste aanpassings om te maak, is om ‘n veranderde wêreld te aanvaar waarin jou kring van bekendes en geliefdes al hoe kleiner word.  Die vaste waardes waarmee jy groot geword het, het verdwyn.  Die lewe is nie meer so ordelik en geborge as vroeër nie.  Die rekenaar het ‘n nuwe taal en verskuifde gesigeinders geskep.  Jy voel soms magteloos, bedreig en onveilig. 


Maar ...



Jesus Christus in gister en vandag dieselfde
en tot in ewigheid.
(Hebreërs 13:8)



Solly Ozrovech  :  My Vreugde in God




  :  Bejaardes @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

poppieoosthuizen  @  gmail.com

No comments: