Sunday 20 September 2015

God praat deur sy skepping - gebed








God praat deur sy skepping


U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het.  Mag daar aan die roem van die Here geen einde wees nie!  Mag die werk van die Here Hom vreugde verskaf.  -  Psalm 104:24, 31



Here,


Ek wil U loof as die Skepper-God.
Hoe goed en mooi is alles wat U gemaak het,
hoe ongelooflik en vol verskeidenheid u handewerk –
sodat ek in elkeen van u skeppings en skepsels
u heerlikheid kan raaksien en
U daardeur met my kan hoor praat.
Gee vir my die vermoë
om my oë en ore oop te hou vir u stem,
om fyn te luister
en nooit aan die skoonheid
van die natuur gewoond te raak nie,
maar dit elke dag opnuut te ontdek.
Dit laat my verstand duisel
dat ék die kroon van daardie skepping is
omdat U ‘n stukkie van Uself in my ingebou het.
Maak my absoluut gehoorsaam aan U,
gewillig om U te dien so lank as wat ek leef
en help my om U bo álles lief te hê.


Amen




Nina Smit : Elke dag ‘n vreugdepad


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




mamma333  @  gmail.com


No comments: