Thursday 10 December 2015

Rus








Rus


Kom julle alleen saam na ‘n stil plek toe en rus ‘n bietjie.  -  Mark. 6:31


Met vólgelaaide skedules, swáár werklaste en selfoon álarms wat aanhoudend deur die dag afsprake aankondig, kan ons totáál uitgeput en sónder energie raak.  Dit is dus só verskriklik belangrik dat ons tye móét inruim vir afsondering en rus – tye om ons díépste heiligdom van krag binne te gaan, dié plek waar ons gehéél en al kan ontspan in die liefde van ons Here Jesus Christus, die plék waar Hý ons wéér vul met núwe krag en energie vir dít wat van ons verwag word gedurende die loop van die dag.  Na géés, síél en liggáám sal Hý ons wéér verkwik!

Dit maak nie saak hóé besig ons is nie, net ‘n óómblik is nodig om ‘n bietjie te rus.  Ons maak ons gedagtes stil en ontspan ons liggaam.  Stádig en diep asem ons in, en terwyl ons uitasem, raak ons ontslae van ál die probleme wat ons deur die dag geteister het en ons bekommernisse dat dinge dalk nie reg sal uitwerk nie.  Ons fokus met ons vólle aandag op Gód alleen – op Sý opbóúende en strálende lewenskrag wat stééds ín ons en déúr ons werk en straal.

Soos ‘n battery wat gelaai word, word ook óns geestelike battery gelaai in ons stil tye saam met ons Héér, en verfrís en hernú is ons weer gereed om voort te gaan met ons dagtaak.


Gebed:  By  Ú alléén Heer, vind ek rus.



~ Uit Daelikse Woord ~



  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





No comments: