Tuesday 8 December 2015

Blydskap








Blydskap


Blydskap laat ‘n mens se gesig straal.  -  Spr. 15:13


As ons vrolik en opgeruimd is, skep ons vreugde en geluk so ver ons gaan.  Ons is opgeruimd en vrolik want ons weet die Heer van ons hart heers in ons lewens, en ons weet God is nog in beheer van Sy wêreld en alles daarin.

Om vrolik te wees, beteken ons benader die lewe positief en optimisties.  Ons geniet dit om te lewe en geniet ons samesyn met al Gods kinders wat saam met ons hierdie aarde bewoon.  Ons geniet hulle geselskap, en hulle geniet ook ons geselskap, want niks is so aansteeklik soos ‘n vrolike hart nie!

Ons blydskap maak elke las lig, vernietig alle kommer en maak elke vriendskap iets besonders.  Ons vrolikheid is soos ‘n borrelende fontein wat oorloop en almal wat ons raakloop, binnevloei.

Wat ‘n wonderlike geskenk is vrolikheid nie vir beide die gewer en die ontvanger.  En ons is gewers en ontvangers van blydskap en vreugde, want ons is God se stralenede, gelukkige, vrolike kinders!


Gebed:  Ek is ‘n stralende, gelukkige vrolike kind van God en sê dankie diep uit my hart uit daarvoor.



~ Daelikse Woord ~




  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




No comments: