Saturday 19 December 2015









Protes  teen  KERSFEES 



Ek gaan my koes hou
hierdie Kersfees:
horende doof vir "Stille nag"
in supermarkte,
siende blind vir wattesneeu
teen vensterrame.
die sluipende ou heer met sy rooi mantel
en wit baard gaan ek vermy.

Ek gaan na ons nagtelike somerhemel kyk
en my voorstel hoe het die ster
bokant die stal gelyk.
Ek gaan my ore toestop
vir die geklingel van sleeklokkies
om te kan luister hoe die engele sing.

Ek wil my vasklem aan die krip
omdat ek so kan vasgryp aan die kruis:
koningshulde - wierook, mirre, goud -
uiteindelike geselslae, doringkroon, vloekhout.


(Uit: Die skaduwee van die son, deur Lina Spies)





Liewe Vader,

U is die Allerhoogste, die Alwetende, die Alomteenwoordige God. U kyk na my in liefde en gee my alles wat ek ooit kan nodig hê. Wat is daar wat ek vir U kan bring? Ek bring U lof uit ‘n oorvol hart van dankbaarheid, aanbidding vanuit ‘n gebroke lewe en diensbaarheid om U wil te doen. Laat die naam van JESUS,  die Lam wat geslag is, vir altyd verheerlik word in my hart en my hele wese.

Amen

Vredelust  Gemeente


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





No comments: