Tuesday 8 December 2015

Die Engel besoek vir Maria

Die engel besoek vir Maria

Die toneel skuif nou na 'n jong meisie met die naam Maria. Soos die gewoonte in daardie jare is sy skaars veertien jaar oud, nog nie eers sestien nie, en sy is verloof aan die skrynwerker Josef, 'n verlowing wat deur haar pa gereël is. Om verloof te wees, beteken dat daar nou nie meer omdraaikans is nie, alhoewel die huwelikseremonie nog nie amptelik plaasgevind het nie. Alles is reeds gefinaliseer. Lukas beklemtoon die feit dat Maria nog steeds 'n maagd is.

Anders as vandag, waar min meisies van haar ouderdom nog hulle reinheid bewaar het, was dit in daardie tyd van uiterste belang dat 'n meisie nooit omgang sou hê nie, tot die dag van haar huwelik. Só gesteld was die gemeenskap oor 'n rein lewe, dat iemand wat egbreuk pleeg gestenig kon word. Hulle kon met klippe doodgegooi word!

'n Vrou het ook nie juis 'n belangrike rol in die samelewing gespeel nie. As sy boonop nog 'n jong meisietjie soos Maria was, was sy skaars meer as een van haar pa se karige besittings beskou. Wanneer die engel dus vir Maria groet met "Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou," skrik sy haar byna dood. Wat het sy, die eenvoudige, onbelangrike meisie gedoen om sulke groot woorde te verdien? Sy is verbysterd, wat kan dit tog beteken? Baie gou stel die engel die arme verbouereerde meisie gerus, en hy deel vir haar die ontstellende nuus mee dat sy swanger gaan word. Maria se knieë word skielik lam, hoe is dit tog moontlik? Die engel gaan kalm voort en beskryf in detail allerhande dinge wat haar verstandjie gladnie wil begryp nie. "Hy sal die Seun van die Allerhoogste genoem word", hoor sy die engel sê.

"Maar dis onmoontlik!", skree haar verstand, "Ek droom!" Die engel gaan rustig voort en vertel vir haar dat haar Seun Jesus (so moet sy Hom noem) op die troon van Sy voorvader Dawid sal sit, en dat Hy vir ewig as Koning sal heers.

Maria se kop draai - alles is net hééltemal te veel vir haar. "Hoe is dit moontlik? Ek het nog nooit met 'n man omgang gehad nie," protesteer sy.

Die engel verduidelik van die Heilige Gees wat die lewe in haar sal wek en dat haar Seun die Seun van God sal wees. Maria se verstand sê vir haar dat dit sekerlik 'n fout moet wees, dit is tog totaal onmoontlik! Maar dan vertel die engel vir haar van haar bejaarde tante Elisabet wat ses maande swanger is. As so 'n wonderwerk met haar kinderlose tante kon gebeur, dan is die wonderwerk wat hier besig is om voor haar oop te vou ook mos nie onmoontlik nie! Absoluut enigiets is vir God moontlik!

En so berus Maria daarby: "Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het."

Ons Dag se Brood

.
*Geplaas deur Poppie Oosthuizen*

No comments: