Monday 21 December 2015

Van nou af ...








Van nou af ...


Here Jesus,


Vergewe my dat ek so ingestel op myself
leef, dat ek egoïsties en selfsugtig is
en gedurig daarop hamer dat alles regverdig
behoort te wees;  dat ek glad nie daarvan hou
om ander te dien nie.  Gee vir my dieselfde
gesindheid wat daar in *U* was.  Van nou af
wil ek *U* gehoorsaam, nederig wees soos *U*,
gewillig wees om ander te dien en bereid
wees om tweede te kom omdat ek
ander mense belangriker as myself ag.
Ek wil deur ‘n nuwe, positiewe bril
na die wêreld kyk en van nou af
net positiewe gedagtes dink sodat
my hele lewe positief kan verander.
Maak dit asseblief vir my moontlik, Here,
want ek sal dit nie uit my eie kan regkry nie.


Amen



Nina Smit : ‘n Lied van Vreugde




  Dierbre Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com








No comments: