Tuesday 8 December 2015

God is absoluut getrou








GOD  is absoluut getrou


Here,


Dis wonderlik om te weet dat  U
absoluut getrou is omdat dit in u Woord so
opgeteken is en ook omdat ek dit al soveel
keer in my lewe ervaar het.  Ek weet dat
U ook in die toekoms elkeen van u beloftes
aan my na die letter sal nakom, dat U
getrou sal bly ook dié kere dat ek ontrou is
aan U, omdat U nie aan Uself ontrou kan wees nie.
Maak my op my beurt absoluut getrou aan
U sodat my hele lewe ‘n antwoord op u liefde
en trou sal wees.  Help my om nie net getrou
aan U te wees nie, maar om ook getrou in my
verhoudings te wees sodat die mense wat
ek liefhet, sal weet dat ek betroubaar is
en hulle nooit in die steek sal laat nie.


Amen




Nina Smit  :  ‘n Lied van Vreugde



  Dierbre Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





No comments: