Friday 6 October 2017

GELOOF







GELOOF


Ek glo.  -  Mark. 9:24


Heer, my hart jubel van vreugde omdat U so náby aan my is - 'n Goddelike waarborg wat níémand van my af kan wegneem nie.  Ek glo in *Ú* lig só helder, in my, om my, oor my en onder my, en déúr my ook tot seën van my medemens.


Ek glo in U líéfde Heer, wat my hart vul met ómgee-liefde teenoor andere.  Ú liefde wat ons as Ligvriendekring saambind in 'n band van gebed - U liefde en lig wat wýsheid en ínsig bring vir my, vir ons land en wêreldleiers - wysheid en insig  wat só bitter nodig is in ons stúkkende wêreld vandag.


Ek glo Heer in U álmag - U wat die hémel én die aarde geskep het en *álles* wat daarin is, in Ú almag glo ek ook sover dit myself, my geliefdes én my mede volksgenote se toekoms aangaan.


Ek gló Heer, en ómdat ek glo, gaan ek sterk en vol moed voort in U *lig*, U *liefde* en U *krag*, en ek síén U lig helder skyn - 'n baan van lig waarvoor géén donker wolk staande kan bly nie - 'n baan van lig wat reik tot *bý* U Hemeltroon.


Ek glo, met my hele hart en siel in *Ú* Heer van my hart!


Gebed: Ek roem in U die álmagtig Skepper en Heerser van die hemel en die aarde.  Dánkie dat U vir ons veilig in die holte van *Ú*  Vaderhand vashou en koester.  Amen.



~ Uit Daelikse Woord ~



Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook




 


No comments: