Friday 13 October 2017

LEIDING







LEIDING


U, Here, laat my lamp helder skyn;  my God gee lig as dit donker is om my.  -  Ps. 18:29


In 'n stikdonker nag, wys die liggie op 'n kompas vir my watter kant Noord is, en lei my só op die regte pad.


As ék belangrike besluite moet neem, en nie presies weet wát om te doen nie, laat ek nie toe dat énige duisternis my oorval nie.  GÓD is die kompas in my hart, en Sý lig lei my op die regte pad!


En wanneer alles om my werklik nágdonker word, as ek voel ek word tótaal oorval deur al die eise en uitdagings van die lewe, dan weet ek nog *stééds* wáár ek hulp moet soek.  Ek word net stil, en die Liggie op die kompas in my hart, sal lig bring in my gedagtes, en met lig in my gedagtes sal ek gelei word met lig-gedagtes, deur GOD geïnspireer, op die regte weg vir my.


Met my gedagtes rustig en stil in die lig van my lamp wat helder skyn, met die leidende lig van die kompas in my hart - vir *wíé* sal ek dan nog bang wees?  Selfs wanneer dit donkernag-donker is om my, is daardie  LÍG nog steeds daar om my te lei en te rig, en ek weet, *dít* wat ek doen, is reg en dit is goed - vir my *én* vir my medemens.


Gebed:  Dankie  Ewige Nagigator, dat *Ú* my lamp  al hoe helderder laat skyn.  Amen.


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook




 


No comments: