Friday 13 October 2017

Ons wil sing en dans van vreugde







Ons wil sing en dans van vreugde,
U het weer ons oë kom oopmaak
met U liefdevolle Vaderhand -
elke oggend kom doen U
hierdie wonderwerk op aarde -
ons dank en loof U daarvoor!
Sag het *U* u asem kom inblaas
in ons longe ...
vir ons sag kom fluister:
"Kom, my kind daar's werk vir jou,
soveel siele is nog daarbuite wat
nie weet hoe om kind van my te word. -
wys hulle die pad, soos ander ook
vir jou gehelp het. Doen dit vandag!
Doen dit dringend, want Ek kom gou!!"




Jesus se Dogterkind / Facebook




No comments: